Tuis

Laurika Rauch - Fotograaf: Ivan NaudeLaurika se solo sangloopbaan het, kort na 1976, met die begin van televisie in Suid-Afrika, afgeskop. Sy is in 1977 deur Stephan Bouwer gevra om te sing in die program Fyn Net van die Woord en toonsettings te doen van Afrikaanse gedigte, soos Toemaar die donker man, ‘n gedig van Ingrid Jonker. In 1978 het sy die liedjie, Kinders van die Wind, opgeneem, en toe dit in 1979 ‘n wegholtreffer word, het haar loopbaan behoorlik vlerke gekry. Die res is geskiedenis en die opwindende reis wat toe begin het, is nog steeds aan die gang … Lees meer >